• +27 87 310 5310
  • admin@eurekalaerskool.co.za
  • Klisserweg, Hadisonpark, Kimberley, 8306
  • Nuus

    Laerskool Eureka Pre Primêr en Kleuters

    By Eureka poog ons om kinders reg voor te berei vir die mees onvergeetlike dag in sy/haar lewe – sy eerste dag op skool.

    Hier bou ons die brug sodat hul kan beweeg van die leefwêreld wat hul ken, na die groter omgewing van die buitewêreld deur hul op sy emosionele, sosiale, normatiewe fisiese en intellektuele vlak te ontwikkel.

    Saam met ons groot en goed-beplande speelarea en goed opgeleide onderwysers, slaag ons daarin om geballanseerde kinders die wêreld in te stuur.

    Ons bied ook aan elke kleuter die geleentheid om aan verskeie buite aktiwiteite deel te neem.

    Hier by ons is elke kind belangrik.

    By Laerskool Eureka se Pre Primêre afdeling lê ons ‘n stewige fondasie vir die ander fases om op voort te bou.

    Dit is beslis die plek om te begin.