• +27 87 310 5310
  • admin@eurekalaerskool.co.za
  • Klisserweg, Hadisonpark, Kimberley, 8306
  • Nuus

    Omsendbrief 20 Julie 2020

     

    Geagte Ouers

    Volle opening van Eureka vir alle grade:

    Ek is trots daarop dat Eureka vandag vir alle grade vanaf Graad RR tot Graad 7 oop is. Bywoning is baie goed en kinders kom op alternatiewe dae skool toe. Alle veiligheidsmaatreëls is volledig in plek. Ons is die enigste skool in die Noord-Kaap wat vir alle grade oop is en sekerlik een van die min in die land. Wees saam met ons bly oor die genade wat Eureka uit Sy Vadershand ontvang.

    Sal u asseblief so gaaf wees om u skoolfonds op datum te bring en te hou. Dit is uiters belangrik om die skool aan die gang te hou en die Beheerliggaam  personeellede se salarisse te betaal. Hierdie onderwysers is onontbeerlik en sonder hulle kan onderrig nie normaal voortgaan nie.

    Eureka groete.

    E.J. Verreynne
    Skoolhoof