• +27 87 310 5310
  • admin@eurekalaerskool.co.za
  • Klisserweg, Hadisonpark, Kimberley, 8306
  • Nuus

    Omsendbrief 24 Julie 2020

    Geagte Ouers

    Vakansietydperk vanaf 27 tot 31 Julie:

    Die Dept Onderwys sien die 1ste week van die breek as vakansie, dus 27 tot 31 Julie. Ons sal die kinders dan hul vakansie breek gun en laat rus. In Eureka werk almal al hard vanaf 16 April en kinders het baie aktiwiteite ontvang. Geen aktiwiteite sal volgende week uitgestuur word nie. Vanaf Maandag, 3 Augustus sal almal weer soos bepaal hul aktiwiteite op die WA-groepe uitstuur. Die kinders is moeg en emosioneel uitgeput.

    Die aanduidings is duidelik dat die September vakansie nou sal verval, dus n lang skof wag op almal tot Desember.

    Mooi naweek, geniet die ruskans

    Eureka groete

    E.J. Verreynne
    Skoolhoof