Geagte Ouers
Heropening van dié skool op Dinsdag, 11 Augustus 2020:
Laerskool Eureka het reeds toestemming verkry dat alle grade mag terugkeer skool toe en sal dus vanaf Gr RR – Gr 7 op Dinsdag, 11 Augustus na die skool terugkeer.
Belangrike inligting:
- Alle vorige omsendbriewe en reëls geld. Alle veiligheidsreëls en prosedure geld steeds.
- Toegang geskied steeds by dieselfde hekke.
- Die normale skooldag geld en tye bly onveranderd.
- Groep 1 kom op Dinsdag, 11 Augustus skool toe en groep 2 op Woensdag, 12 Augustus.
- Ons tree op in u kind se beste belang en probeer hom/haar help om die verskraalde kurrikulum te voltooi en in 2021 na sy nuwe graad bevorder te word.
Sterkte en goeie gesondheid word u toegewens.
Eureka groete
E.J. Verreynne
Skoolhoof