• +27 87 310 5310
  • admin@eurekalaerskool.co.za
  • Klisserweg, Hadisonpark, Kimberley, 8306
  • Nuus

    Registrasie proses vir 2021

    9 September 2020

    Geagte Ouers

    Registrasie proses vir 2021:

    Die volgende inligting is belangrik:
    1. Sal elke ouer asseblief u bes probeer om kinders vir Eureka te werf en in te skryf sodat ons steeds in ons moedertaal, Afrikaans kan skoolgaan.

    2. Registrasie geld slegs vir Gr RR, R en 1 wat nuut by die skool inskryf. Nuwe leerlinge wat wil inskryf vanaf Gr 1 tot 6 moet ook registreer.

    3. Leerlinge wat reeds gedurende 2020 ingeskryf is, voltooi slegs ‘n inligtingsvorm wat die skool sal uitstuur.

    4. Gr RR registreer by die skool. Ouers kan vanaf Maandag, 14 September by die klubhuis registreer vanaf 09:00. Behou voorgeskrewe afstande. Maskers is verpligtend.

    5. Nuwe Gr R – 6 leerlinge moet aanlyn registreer. Hulp t.o.v.aanlyn-registrasie kan daagliks by die skool verkry word vanaf 09:00 – 11:00.

    6. Registrasie open vanaf 14 September tot 30 September.

    7. Die volgende gewaarmerkte dokumentasie moet verskaf word:

    *I.D. vorm van beide ouers

    *Geboortesertifikaat of I.D. van u kind

    *Kliniekkaart

    *Bewys van woonadres

    *Bewys van voogskap indien van toepassing

    *Vorderingsverslag

    8. ‘ n Departementele inligtingstuk word aangeheg om meer inligting te verskaf.

    Skakel die skool enige tyd as u inligting verlang. Moedig nuwe ouers aan om asseblief by Eureka te registreer .

    Eureka groete.

    E.J. Verreynne
    Skoolhoof
    Sel 082 431 7712