Die volgende skaal van prestasie sal gebruik word vir die rekordhouding en rapportering vir graad R tot 7:
| Prestasievlak (Aanslagkode) | Prestasiebeskrywing | Persentasie % |
| 7 | Uitmuntende prestasie | 80 – 100 |
| 6 | Verdienstelike prestasie | 70 – 79 |
| 5 | Beduidende prestasie | 60 – 69 |
| 4 | Voldoende prestasie | 50 – 59 |
| 3 | Matige prestasie | 40 – 49 |
| 2 | Basiese prestasie | 30 – 39 |
| 1 | Ontoereikend | 0 – 29 |
Die volgende is riglyne vir die bepaling van ‘n leerder se vordering van graad 1 tot 2, van graad 2 tot graad 3 end van graad 3 tot graad 4:
| Vakke | Vorderingsvereistes |
| Huistaal Eerste Addisionele Taal Wiskunde |
Vlak 4 (Voldoende Prestasie)(50%-59%) en Vlak 3 (Matige Prestasie) (40%-49%) en Vlak 3 (Matige Prestasie) (40%-49%) |
| SGA = 100 % van totale/finale vorderingspunt |
Vordering word gebaseer op die drie vakke soos hierbo aangedui.
Vorderingsvereistes vir graad 4 tot 6
| Vakke | Vorderingsvereistes |
| Huistaal Eerste Addisionele Taal Wiskunde |
Vlak 4 ( Voldoende Prestasie) (50%-59%) Vlak 3 (Matige Prestasie) (40%-49%) Vlak 3 (Matige Prestasie) (40%-49%) |
| Natuurwetenskappe en Tegnologie Sosiale Wetenskappe Lewensvaardighede |
Vlak 3 (Matige Prestasie) (40%-49%) in TWEE van die oorblywende drie vakke Eksaminering = 25% van totale punt/finale bevorderingspunt Skoolgebaseerde assessering = 75% van totale punt/ finale vorderingspunt |
Vordering is gebaseer op vyf van die ses vakke soos hierbo aangedui.
Vorderingsvereistes vir graad 7
Die volgende vorderingsvereistes (soos gestipuleer in die Regeringskoerant No. 29626) vir graad 7 van toepassing wees:
- Waar ‘n leerder meer tyd benodig om prestasie te toon, sal besluite geneem word op die basis van die advies van die betrokkenes: onderwysers, leerders, ouers en onderwysondersteuningsdienste.
- Enige besluit oor vordering moet gebaseer word op die getuienis van ‘n leerder se prestasie teen die assesseringstake op rekord.
- Geen leerder behoort in dieselfde fase te bly vir langer as vier jaar nie.
- ‘n Leerder mag sr in die Senior Fase teruggehou word om ten einde te voorkom dat die leerder in hierdie fase gehou word vir langer as vier jaar.
