• +27 87 310 5310
  • admin@eurekalaerskool.co.za
  • Klisserweg, Hadisonpark, Kimberley, 8306
  • Slaagvereistes

    Die volgende skaal van prestasie sal gebruik word vir die rekordhouding en rapportering vir graad R tot 7:

    Prestasievlak (Aanslagkode) Prestasiebeskrywing Persentasie %
    7 Uitmuntende prestasie 80 – 100
    6 Verdienstelike prestasie 70 – 79
    5 Beduidende prestasie 60 – 69
    4 Voldoende prestasie 50 – 59
    3 Matige prestasie 40 – 49
    2 Basiese prestasie 30 – 39
    1 Ontoereikend 0 – 29

    Die volgende is riglyne vir die bepaling van ‘n leerder se vordering van graad 1 tot 2, van graad 2 tot graad 3 end van graad 3 tot graad 4:

    Vakke Vorderingsvereistes
    Huistaal
    Eerste Addisionele Taal
    Wiskunde
    Vlak 4 (Voldoende Prestasie)(50%-59%)
    en
    Vlak 3 (Matige Prestasie) (40%-49%)
    en
    Vlak 3 (Matige Prestasie) (40%-49%)
    SGA = 100 % van totale/finale vorderingspunt

    Vordering word gebaseer op die drie vakke soos hierbo aangedui.

    Vorderingsvereistes vir graad 4 tot 6

    Vakke Vorderingsvereistes
    Huistaal
    Eerste Addisionele Taal
    Wiskunde
    Vlak 4 ( Voldoende Prestasie) (50%-59%)
    Vlak 3 (Matige Prestasie) (40%-49%)
    Vlak 3 (Matige Prestasie) (40%-49%)
    Natuurwetenskappe en Tegnologie
    Sosiale Wetenskappe
    Lewensvaardighede
    Vlak 3 (Matige Prestasie) (40%-49%) in TWEE van die oorblywende drie vakke
    Eksaminering = 25% van totale punt/finale bevorderingspunt
    Skoolgebaseerde assessering = 75% van totale punt/ finale vorderingspunt

    Vordering is gebaseer op vyf van die ses vakke soos hierbo aangedui.

    Vorderingsvereistes vir graad 7

    Die volgende vorderingsvereistes (soos gestipuleer in die Regeringskoerant No. 29626) vir graad 7 van toepassing wees:

    1. Waar ‘n leerder meer tyd benodig om prestasie te toon, sal besluite geneem word op die basis van die advies van die betrokkenes: onderwysers, leerders, ouers en onderwysondersteuningsdienste.
    2. Enige besluit oor vordering moet gebaseer word op die getuienis van ‘n leerder se prestasie teen die assesseringstake op rekord.
    3. Geen leerder behoort in dieselfde fase te bly vir langer as vier jaar nie.
    4. ‘n Leerder mag sr in die Senior Fase teruggehou word om ten einde te voorkom dat die leerder in hierdie fase gehou word vir langer as vier jaar.