Rugby
Die trots van Eureka is ons rugby spanne. Eureka rugby bestaan uit O/7 en O/8 rugby spanne waar hulle op kwart velde speel en O/9, O/11 en O/13 rugby spanne wat op standaard velde speel met meer as een span per ouderdomsgroep.
Eureka bied met trots ook ʼn jaarlikse 7’s toernooi aan, wat nog elke jaar ʼn reuse sukses is. Die O/11 en O/13 spanne gaan ook jaarliks op groot toere waar hul genooi word om by Grey Kollege Bloemfontein en Laerskool Bloemfontein te gaan speel. Die afrigters waarvan ons gebruik maak, sluit spelers van die Griekwas Rugby unie in, wat almal gekwalifiseerd is om op laerskool vlak af te rig. Die oefen tye by Eureka is tussen 3 en 4 dae ʼn week.
Ons begin in die 4de kwartaal met oefening om reg te wees vir die rugby liga wat begin vanaf Maart en strek tot en met Mei elke jaar. Eureka is ook trots om te sê dat ons skool elke jaar Griekwas Craven Week spelers op lewer.
Netbal
Eureka speel netbal van Gr. 1 tot 7. Die Gr. 1’s doen vaardighede en van O/8 tot O/13 speel in die Frances Baard liga. Elke ouderdomsgroep bestaan uit ten minste 3 spanne. Ons probeer om vir elke span wedstryde te reël.
Ons begin reeds Februarie met fiksheid en vaardighede en ‘n 2 dae Afrigtingskursus vir spelers en afrigters deur ‘n SA gekwalifiseerde afrigter. Gedurende Maart gaan ons O/12 A en O/13 A spanne na Bloemfontein vir ‘n Toernooi en Afrigtingskursus.
Eureka lewer elke jaar Noord-Kaap spelers op en ons O/12 en O/13 spanne presteer baie goed in die Liga en neem deel aan die Noord-Kaap Uitspele.
Netbal begin Februarie tot aan die einde van die Tweede kwartaal en dan doen ons weer vaardighede en fiksheid gedurende die Vierde kwartaal.
Hokkie
Daar is tans 0/9, 0/11 en 0/13 seuns- en dogterspanne. Die dogters het op Woensdae aan ligawedstryde deelgeneem en die seuns op Donderdae. Ons was in die A-liga ingeskryf en het baie goed gevaar.
Al die spanne het ook aan verskeie sportdae deelgeneem en baie goed gespeel. Dit is vriendskaplike wedstryde so die seuns en meisies het dit baie geniet.
Ons kan ook met trots sê dat 8 van ons spelers in die Griekwaland-Wes span ingesluit is.
Atletiek
Die Eerste en Vierde kwartaal is ons besig met atletiek. Vroeg in die Eerste kwartaal vind die Kleuresport plaas wat gebaseer is op Massadeelname wat beteken al die leerlinge is betrokke.
Ons maak voorsiening vir afrigting in alle items. Ons oefen Maandag tot Woensdag en Vrydae vind die Byeenkomste plaas.
Ons atlete vaar baie goed met die Byeenkomste en daar is elke jaar ‘n paar atlete wat Noord-Kaap by die SA’s verteenwoordig.
Krieket
Hier by Eureka speel net “gentleman” krieket en hul straal die skool se beeld duidelik uit op die veld. In 2015 het ons die krieketblad oorgedoen om weer vir die toekomstige Jacques Kallis voorsiening te maak en nou dat die blad reg is vir die 2016 seisoen gaan die kersligte permanent in die aand brand.
Daar word ʼn Diamantveld Pro 20 reeks vir die 0/13 A span gehou waar verskeie spanne blootgestel gaan word aan die T20 formaal. Daar is ook liga wedstryde wat deur Griekwa Krieketunie vir ons gereël word. Daar is liga bepalings vir die O/11 en 0/13 seuns en daar word op basiese vaardighede gefokus met die jonger manne.
Daar word toernooie vir die mini-krieket spelers ook gereël sodat daardie liefde vir die sport vroeg gekweek word.
Tennis
Tennis is een van die sportsoorte waar jy leer oor jouself en die lewe. Hoekom sê ek so? Wanneer jy tennis speel, moet jyself elke situasie op die baan hanteer. Tennis leer jou geduldig wees, konsentreer en dat al gee jy soms jou bes, die ander speler jou nog steeds klop. Daarom hoop ek dat Eureka se tennis van krag tot krag sal gaan met kinders wat tennis speel omdat hulle dit geniet!
Gr 1 & 2 tennis is waar die outjies leer tennis speel.
Daar is ligawedstryde vir 0/9, 0/11 en 0/13. Die seuns speel ligawedstryde in die derde kwartaal terwyl die meisie sake in die vierde kwartaal in die liga uitspook. Ons oefen hoofsaaklik tennis in die derde en vierde kwartaal. Hierdie verskillende oefengroepe word deur die onderwysers afgerig. Dis dan ook hier waar ons tennisliga spanne oefen.
Tennisspelers het die voorreg en keuse om private tennisafrigting te kry by die bekwame afriters van Lapesa tennisskool. Hulle dra verseker by tot die sukses van ons tennisspelers.
Alhoewel ons graag dwarsdeur die jaar sou wou tennis oefen laat die verskeidenheid van sportsoorte wat by Eureka aangebied word dit net nie toe nie.
Ons neem jaarliks aan die volgende toernooie deel :
0/11 – Betlehem tennistoernooi aan die einde van April
0/13 – Betlehem tennistoernooi in Augustus
0/13 – De Aar tennistoernooi in September
0/10 – Newton tennistoernooi tweede laaste naweek in September
