Geagte Ouers
Die atletiekseisoen vorder flink. Ons atlete het goed presteer by die Kimberley Skole-byeenkoms op 18 Februarie. Met al die “valse” wegspringe, baankruisings, ens. het die atlete ons naam hoog gehou. Sterkte aan al die atlete wat vandag aan die Frans Baard-byeenkoms deelneem.
Met die atletiek wat einde se kant toe staan, het ons rugby- en netbalseisoene die afgelope naweek afgeskop met die 0/13-rugby- en netbaltoernooi by Jacobsdal. Die spanne het die wedstryde gebruik vir voorbereiding vir die seisoen. Ons volgende rugby- en netbaltoernooi is 3 en 4 Maart in Kuruman waar ons by Seodin se sportdag gaan deelneem. Die onderskeie A-spanne vir 0/11- tot 0/13-rugby en 0/9-tot 0/13- netbalspanne neem deel aan die sportdag. Die busse vertrek, Vrydag 3 Maart om 13:00 na Kuruman waar ons sal tuis gaan in Hoërskool Kalahari se koshuise. Al die personeel, afrigters en leerders gaan die geleentheid gebruik vir spanbou. Om vervoerreëlings te finaliseer vra ons die betrokke ouers om die skakel in te vul wat op die verskeie afrigtersgroepe geplaas was.
Sterkte ook aan ons tennisspelers wat die naweek aan die Synergy toernooi deelneem.
Rése Delport 0/11, Ariana van der Westhuizen 0/11, Willem Adriaan van der Merwe 0/11, WJ Faber 0/11 en William Harding 0/11
Akademie: Ons leerders skryf ook hierdie week kwartaaltoetse:
– Dinsdag, 28 Februarie gr.4 Engels, gr.5 Wiskunde, gr.6 NW en gr.7 Afrikaans
– Vrydag, 3 Maart, gr.4 Afrikaans, gr.5 Engels, gr.6 Geografie en gr.7 EBW
Sterkte ook vir die leerders met die voorbereiding van die toetse.
Ons herinner u net aan die volgende belangrike aktiwiteite wat in die volgende weke plaasvind:
– Saterdag, 25 Feb. Hoërskool Diamantveld se Amazing Race
– Vrydag 3 en Saterdag 4 Maart, sportdag by Seodin in Kuruman
– Saterdag 4 Maart, Atletiek Noord-Kaap Kampioenskappe
– Dinsdag 7 Maart, Gretha Wiid saam met slegs die ouers om 17:30 in die saal. Gratis vir Ouers.
– Donderdag 9 Maart, 0/7- en 0/8-rugby en netbal by Laerskool Staats
– Vrydag 10 Maart, 0/9-A en B tot 0/13 A-en B-rugby en 0/9A en B tot 0/13-A en B-netbal
– Saterdag 11 Maart, 0/11-A en B en 0/13 A- en B-rugby en 0/9A en B tot 0/13-A en B-netbal
– Saterdag 11 Maart, 0/9 A-en B-rugby by Laerskool Fichardtpark
Kultuur: Redenaars, Ouers moet onthou om ‘n afskrif van die inskrywing vir juf. Elaine te stuur. Sy het sover net een inskrywing ontvang.
Sterkte met die naweek aan elke leerder.
‘n Brokkie van Laerskool Eureka se geskiedenis volg – Kliek hier.
Dr. Etienné Venter
SKOOLHOOF
