• +27 87 310 5310
  • admin@eurekalaerskool.co.za
  • Klisserweg, Hadisonpark, Kimberley, 8306
  • Nuus

    Nuusbrief 10 Februarie 2023

    Geagte Ouers

    Die eerste kwartaal snel deur die weke soos ‘n warm mes deur botter en ons nader ons eerste kwartaaltoets vir Wiskunde vir gr. 6 en gr. 7 op 17 Februarie. Sterkte aan al die leerders met die skryf van die vraestelle.

    Ons sport is ook nou in volle gang met ons sone-byeenkoms en ons atlete berei hulle voor vir die Kimberley skole-byeenkoms van 18 Februarie. Neem kennis dat die aanvanklike datum 1 Februarie was en nou geskuif het na 18 Februarie. Ons sal die nodige inligting, reëlings en program deurgee aan die betrokke atlete sodat ons dit van die organiseerders ontvang. Sterkte ook aan elke atleet en weet dat ons trots is op julle.

    MINI-KRIEKET: Die O/8 mini-krieketseuns het ook hul eerste wedstryde gespeel en na gelang van die glimlagte op hul gesigte kan ons aflei dat hulle dit baie geniet het. Hul volgende wedstryd vind eerskomende Donderdag plaas. Die betrokke seuns sal ook die nodige inligting ontvang vir die wedstryde.

    NETBAL: Die 0/10 netbalproewe vind op Maandag, 13 Februarie plaas.

    SPORTDAG: Ons eerste O/13 netbal- en rugby-sportdag vind ook reeds op Vrydag en Saterdag, 17/18 Februarie plaas by Landboudal. Sterkte aan die betrokke leerders.

    “STAP EN TRAP”: Ons gr. RR- en R-leerders word ook nie ingedoen met skoolaktiwiteite nie en hul “Stap en trap” vind Donderdag, 16 Februarie om 17:0,0 op die rugbyveld plaas. Hulle gaann met hul fietse om die skool ry en volgens ‘n Valentyns-tema aantrek en hul fietse ook daarvolgens versier. 

    Inligting rakende hierdie geleentheid is reeds aan die betrokke ouers deurgegee.

    REDENAARS: O u r s moet onthou om inskrywings te doen en dat hul ‘n afskrif van hul inskrywing skool toe moet bring vir juf. Elaine Coetzee by gr. 3E.

    RAMME-AAND: Ja, ons hoop die pappas het hierdie datum gemerk om die voorbereiding van die jagseisoen te begin. Op 16 Maart vind ons jaarlike wildsveiling plaas in ons skoolsaal. Vind asb. aangeheg die lys van lotte waarop gebie kan word. Maak seker dat u nie hierdie geleentheid misloop nie en maak asb. dadelik ‘n bespreking.

    AMAZING RACE: Diamantveld Hoërskool bied ook hul jaarlikse Amazing Race op Saterdag, 25 Februarie op hul sportgronde aan. Aangeheg is die inligting. Kom ons gaan ondersteun hulle. Daar is pamflette aan die leerders vanaf gr. 3 tot en met gr. 7 uitgedeel.

    INENTING TEEN MASELS: Die Department van Gesondheid gee die leerders geleentheid om ingeënt te word teen masels vir leerders vanaf gr. R tot en met gr. 7. Hierdie inentings vind plaas op 23 en 24 Februarie by die skool. Hierdie projek word bestuur deur die Department van Gesondheid en dit is vrywillig. Indien u wil gebruik maak van die geleentheid kan u die nodige dokumentasie by mev . Marileen Badenhorst by ontvangs kom afhaal. Die Department vereis toestemming alvorens enige inentings mag plaasvind.

    KWYTSKELDINGS: Net ter herinnering – kwytskeldings moet teen 17 Februarie ingehandig wees.

    Eureka-groete

    SKOOLHOOF
    Dr. Etienné Venter 

    Kliek hier vir meer inligting