• +27 87 310 5310
  • admin@eurekalaerskool.co.za
  • Klisserweg, Hadisonpark, Kimberley, 8306
  • Alle inskrywings deur admin

    Nuusbrief 14 April 2023

    Geagte Ouers Welkom terug aan almal na ʼn wonderlike ruskans saam met familie en vriende. Mag almal die tyd gebruik het om energie op te bou vir ‘n besige kwartaal, nie net akademies nie, maar ook op die sport- en kultuurgebied. Aan elke leerder wil ons sterkte toewens met die akademie en mag julle hierdie […]

    Nuusbrief 31 Maart 2023

    Geagte Ouers Die kwartaal het verbygevlieg en as ons terugkyk kan ons net met dankbaarheid sê dat ons geseënd, veilig en bevoorreg is. Eerstens wil ons vir mnr. Philip en tannie Zahné gelukwens met die geboorte van PJ en mag julle net plesier en vreugde in hom vind. Die leerders het ook vandag hul akademiese […]

    Nuusbrief 17 Maart 2023

    Geagte Ouers Die afgelope week was baie besig met fotodag, gr.7-uitstappie, gr. RR en R se atletiek- en boersportdag en die manne se Ramme-aand. Dan het die seniorafdeling ook hul laaste kwartaaltoetse geskryf. Aan elke gr. RR- en R-ouer wil ons baie dankie sê vir julle ondersteuning by ons jaarlikse Atletiek- en Boeresportdag. Die toekoms […]

    leerlingraad-2020
    Nuusbrief 10 Maart 2023

    Geagte Ouers Met twee goue medaljes, twee silwermedaljes en een bronsmedalje, het Karla Kock, Junemi Terblanche en Hannes Beukes onderskeidelik ons naam hoog gehou by die Noord-Kaap Atletiekkampioenskappe. Baie geluk aan julle. Ons wens Karla Kock sterkte toe wanneer sy vanaf 17 tot 19 Maart 2023 aan die SA Atletiekkampioenskappe in Pietermaritzburg gaan deelneem. Die […]

    Nuusbrief 3 Maart 2023

    Geagte Ouers Ons atlete het weer eens mooi presteer by die Frances Baard-byeenkoms die afgelope Saterdag. Baie geluk aan die volgende atlete wat gekwalifiseer het om Saterdag, 4 Maart 2023, aan die Noord-Kaap Atletiek-byeenkoms deel te neem. Hulle is Hannes Beukes, Karli de Klerk, Karla Kock en Junemi Terblanche. Sterkte. Ons is baie trots op […]

    Nuusbrief 24 Februarie 2023

    Geagte Ouers Die atletiekseisoen vorder flink. Ons atlete het goed presteer by die Kimberley Skole-byeenkoms op 18 Februarie. Met al die “valse” wegspringe, baankruisings, ens. het die atlete ons naam hoog gehou. Sterkte aan al die atlete wat vandag aan die Frans Baard-byeenkoms deelneem. Met die atletiek wat einde se kant toe staan, het ons […]

    leerlingraad-2020
    Nuusbrief 17 Februarie 2023

    Geagte Ouers Die week was gekenmerk met rooi en wit hartjies en ballonne wat vreugde en liefde tussen ons Eureka-familie gebring het. Baie dankie aan elke leerder wat die gr. 7 leiers-projek so mooi ondersteun het. Die Gr. RR- en R-leerders het ook nie ʼn tree teruggestaan vir hul seniors met die “Stap en trap”-aktiwiteit […]

    Nuusbrief 10 Februarie 2023

    Geagte Ouers Die eerste kwartaal snel deur die weke soos ‘n warm mes deur botter en ons nader ons eerste kwartaaltoets vir Wiskunde vir gr. 6 en gr. 7 op 17 Februarie. Sterkte aan al die leerders met die skryf van die vraestelle. Ons sport is ook nou in volle gang met ons sone-byeenkoms en ons […]

    Nuusbrief 3 Februarie 2023

    Geagte Ouers Die doel van die inligtingsbrief is om inligting deur te gee aan u as ouers vir beplanning en doeltreffende kommunikasie. Ons vra u om asb. saam met u kind die inligtingsbrief deur te lees sodat hulle ook weet wat daarin staan. Ons kommunikeer daagliks met die leerders ook. Ons as Eureka-familie kan baie […]

    laerskool-eureka-slider1
    Nuusbrief 27 Januarie 2023

    Geagte Ouers Ons vertrou dat u reeds al die skryf- en handboeke oorgetrek het en die tasse reggepak het. Baie dankie aan elke ouer wat die onderskeie oueraande bygewoon het. Dit was ‘n voorreg om u te ontmoet en mag ons mekaar op die sportgronde groet. Met die jaar wat volstoom besig is, wil ek […]